|
VESCOFLEX
Bladveerbusse
vir 4 X 4’s en 4 X 2’s
Swaardiens
langer lewe busse vir taai en rowwe padtoestande
| Informasie |
|
Spesiale
aanbod |
| Wat is Vescoflex? |
|
Bestellings |
|
|
|
Onafhanklike toetse bewys VESCOFLEX
se duursaamheid.
Onafhanklike toetse deur Toyota Japan bewys dat VESCOFLEX bladveerbusse ‘n
baie langer lewe bied in veeleisende toestande. Na die toetse was die uitslag
" die beste resultate is verkry van ‘n materiaal bekend as VESCOFLEX
VESCOFLEX
is bewys vir 20 jaar.
VESCOFLEX busse is al bewys vir langer as 20 jaar en is oorspronklik ontwerp
vir Toyota Landcruisers. VESCOFLEX busse vind al hoe meer inslag by 4X4 en 4X2
eienaars.
Swaardiens VESCOFLEX vir
strawwe en stowwerige toestande.
Swak en rowwe padtoestande lei tot uiterste slytasie. VESCOFLEX se swaardiens en
langer lewe is die antwoord vir voertuie wat in strawwe en stowwerige toestande
werk.
VESCOFLEX
oortref rubber en polyurethane.
Vanweë VESCOFLEX busse se uitstaande prestasie in taai toestande, bied dit ‘n
baie langer leeftyd as rubber en polyurethane busse. VESCOFLEX het ook ‘n
groter dra vermoë, wat ‘n baie belangrike faktor is.
VESCOFLEX
Vir beter hantering.
Weens VESCOFLEX se hoë werkverrigting is hierdie busse baie in aanvraag by
tydren motor bestuurders. Dit bied aan hulle ‘n beter hantering onder
omstandighede waar dit saak maak.
VESCOFLEX
is oliebestand
Anders as standaard rubber busse word VESCOFLEX nie deur olie of ghries
geaffekteer nie.
Gereed-om-te-pas en
masjieneerbare stawe is beskikbaar.
‘n Wye reeks gereed-om-te-pas VESCOFLEX busse is beskikbaar vir
Ford,Isuzu,Mazda,Toyota en Nissan. VESCOFLEX is ook beskikbaar in 35mm,50mm en
70mm stawe indien u self busse wil masjieneer.

Toets ‘n VESCOFLEX
monster self !
Draai dit, rek dit, trek dit en vries dit...
Vra vir ‘n monster van VESCOFLEX
by ons e-pos vesconite@vesconite.com
Bestellings
VESCOFLEX
Bladveerbusse
Terug na bo
Indien u busse
benodig vir ander voertuie en groottes, stuur vir ons 'n e-pos,
moontlik kan ons help.
Last updated: Aug 15 2000 |