|
Vesconite se dra
vermoë is groter as dié van wit metaal met selfsmerende
eienskappe beter as dié van nylon.
Vesconite is ontwikkel en bewys in menige
industriële en skeepsvaart
applikasies en word gebruik wanneer
- Hoë ladings met klein spelings gedra moet word
- Toestande vuil is
- Smering ongereeld of nie moontlik is nie
- Die applikasie klam, geroes of onder water is
- Slytasie 'n probleem is
- Smering die produk sal kontamineer of die omgewing sal
besoedel
- Gereelde smering onprakties of ongerieflik is
- U smering wil verminder
- Verlengde bus en as lewe verlang word
- Die laer in vloeistof of water werk
- Chemiese aanvalle 'n probleem is
- Koste besparings verlang word
Uitstaande Materiaal
Vesconite is 'n spesiaal vervaardigde
materiaal uit gevorderde ingenieurstermoplastiek vermeng met 'n kombinasie
van eienskappe om lae wrywing en lang busgebruik te verseker.
Dit kombineer 'n lasdravermoë groter as dié van
witmetaal met selfsmerende eienskappe beter as dié van nylon terwyl dit tot 10 keer
langer diens lewer as fosforbrons.
Ontwikkel en bewys in baie industriële gebruike vir meer
as 30 jaar het Vesconite die voorkeur materiaal geword wanneer swaar laste met klein
vry ruimtes in vuil en smeervrye toestande gedra moet word. Dit is ook baie
effektief in die meeste klam, onderwater en korroderende omstandighede.
Vesconite is dimensioneel hoogs stabiel en swel nie in
water nie, inteenstelling met nylon 6 en 66 wat tot 9% water in gewig absorbeer wat
lei tot uitsetting en versagting.
Nie net hou Vesconite oor die algemeen baie langer nie,
maar die bypassende penne en asse se leeftyd word ook grootliks verleng.
Vesconite het internasionale erkenning verwerf as 'n
veelsydige polymer met hoë werkverrigting in die vervanging van tradisionele materiale,
vir lae wrywings en slytasie onderdele.
Vesconite se aanvanklike koste is baie billik en is
geredelik verkrygbaar in 'n hele reeks groottes en vorms. Dit is maklik
masjineerbaar tot fyn toleransies vir afgewerkte onderdele op standaard metaalwerk
toerusting.
Ons fabriek lewer ook 'n spesiale diens vir die
vervaardiging van eie ontwerpte komponente.
Eienskappe
Hoë dravermoë
Vesconite vervorm baie min onder ladings van tot 30 MPa en
het 'n baie hoër dra vermoë as nylon.
Dimensionele stabiliteit
Die hitte uitsettingsfaktor van Vesconite is slegs 2.5 keer
meer as dié van brons, terwyl dié van nylon en HDPE onderskeidelik 5 tot 10 keer meer
is.
Vesconite absorbeer geen water in vogtige toestande nie,
terwyl nylon tot 3% lineêr uitsit.
Vesconite het net 'n bietjie meer beweegruimte nodig as
gewone metaal onderdele en geen addisionele beweegruimte is nodig vir werking in vogtige
toestande nie.
Lae Wrywing
Vesconite vertoon buitengewoon dinamies in wrywende
omstandighede wat die prestasie van die bus verbeter.
Water is 'n uitstekende smeermiddel vir Vesconite wat die
materiaal hoogs geskik maak vir onderwater applikasies.
Vesconite Hilube bied selfs minder wrywing (50%), wat dit
soveel te meer geskik maak waar smering onmoontlik of onwenslik is.

Temperatuur Beperking
Vesconite se smeltpunt is 260°C een van die hoogstes onder
termoplastiese materiale en is selfs gelykstaande aan dié van witmetaal.
Vesconite kan met gemak aanhoudend gebruik word teen 100
°C.
Die lae termiese geleidingsvermoë van Vesconite, wat
algemeen is by alle sintetiese materiale, beteken dat wrywingshitte stadig deur die bus
verwyder word.
Uiterste opbou van hitte moet vermy word deur eers die PV
(las x spoed) te bepaal voordat 'n Vesconite bus ontwerp word om 'n brons bus met 'n hoë
PV faktor te vervang.
Die PV faktor van Vesconite is ongeveer twee keer so hoog
as dié van nylon en ook hoër as die meeste sintetiese busmateriale.
Hoe vergelyk Vesconite as
busmateriaal
| |
Beraamde PV Limiet
MPa x m/min |
| |
Las dra vermoë
MPa |
Koëffisiënt van
termiese uitsetting |
Maksimum %
water absorpsie |
Droog |
Met gereëlde
smering |
| PTFE (ongevul) |
5 |
17 |
0.0 |
- |
- |
| UHMW/HDPE |
10 |
25 |
0.01 |
2 |
10 |
| Nylon 6 |
20 |
9 |
9 |
3 |
12 |
|
Vesconite |
30 |
5 |
0.5
|
5 |
20
|
| Fosforbrons |
80 |
1.8 |
0.0 |
- |
100 |
Slytasie weerstand
Vesconite verskaf uitstekende slytasie weerstand, wat lei tot
baie langer dienslewering in vergelyking met brons. Vesconite word ook minder
geaffekteer deur droë en vuil omstandighede.
Langer lewe van metaalteenstukke
Die slytasie van metaalpenne en-asse word met 90 % verminder
wanneer Vesconite busse gebruik word. Slegs hierdie voordeel alleen regverdig die
gebruik van Vesconite.
Chemiese weerstand
Vesconite bied weerstand teen verdunde sure, organiese
oplosmiddels, roes en petrol. Dit het 'n beperkte weerstand teen sterk sure en
alkali. Gebruike in kookwater moet vermy word.
Produksiereeks
Die Vesconite reeks van masjineerbare stawe,
busmateriale en plate is van die grootste beskikbaar vir die maak van lae wrywing busse en
ander duursame onderdele.
Normale toerusting vir die afwerk van metaal soos
draaibanke en freesmasjiene, bandsae en boormasjiene kan gebruik word.
Die reeks sluit in:
Stawe
Van 8 tot 185 mm in deursnee
Busmateriaal
Van 35 tot 715 mm deursnee in standaard lengtes van 1000 mm. Spesiale lengtes kan
met bestelling vervaardig word.
Plate en skywe
Plate is hoofsaaklik beskikbaar in standaard groottes van
1000 x 200 mm van 3 tot 50 mm dik en 1000 x 600 mm van 16 tot 40 mm dik, sowel as
verskillende stroke en gemasjineerde stukke. Skywe word vervaardig in deursnee van
300 tot 600 mm in diktes van 5 tot 50 mm.
Voorafvervaardigde onderdele
Dit sluit in meer as 100 groottes van "gereed om te
gebruik" busse in beide metrieke en imperiale groottes, en standaard gereedskap laat
vir baie meer groottes van flensbusse toe. Groottes wissel vanaf 10 tot 100 mm
binnemaat en skywe tot 600 mm deursneë.
Spesiale fabrieksdienste sluit in
:
- Masjinering en afwerking volgens spesifikasies sluit in
draaiwerk, freesmasjinering, sny en laswerk.
- "Een-stop" ontwikkelingsdiens van prototipes en
massaproduksie onderdele.
- Vervaardiging van klein hoeveelhede onderdele gebaseer op
'n uitgebreide voorraad van half-klaar materiale en produksiegereedskap.
- Groot metaalbusse kan uitgevoer word met Vesconite stroke
wat die onderdeel beter as nuut maak. Sodoende word daar bespaar op baie duur
fosforbrons onderdele.
- Spesiale materiaal ontwikkeling vir nuwe applikasies
gebaseer op voortdurende tegniese ontwikkeling.
Vesconite aan die werk
Vesconite word verkies as 'n bus materiaal waar hoë las en
lae wrywing 'n faktor is in vuil en smeervrye toestande en redelike presiese beweegruimtes
gehandhaaf moet word.
Vesconite bied hoofsaaklik 'n langer lewe as fosforbrons,
kan gespesifiseer word by gebruike waar nylon nie toepaslik is nie en is ongeëwenaard in
onderwater gebruike.
Vesconite is die beste vervangingsmateriaal vir busse waar
:
- Slytasie 'n probleem is
- Smering die produk kan besoedel
- Gereelde smering nie wenslik is nie
- 'n Lang-lewe bus en pen verlang word
- Die bus onderwater of in vloeistowwe moet werk
- Chemikalië 'n probleem is
- Besparing 'n faktor is
Sulke onderdele sluit in busse, drukwassers, skywe, plate
en vele meer wat onderworpe is aan slytasie en wrywing.
Tipiese gebruike
Swaar voertuie, sleepwaens en busse
Draaistel, dratrap, spilbusse en drukwassers, busse vir
veerskommels, lugremnokke, stuurtuig en krinkspille.
Grondverskuiwingstoerusting
Voorlaaier-armbusse, leierwielbusse in ruspervoertuie,
spilpunte en padskraperbusse.
Hidrolika
Suiers, nekringbusse, verskillende slyt en lei-onderdele en
vurkpenne.
Mynbou
Plonssuierpompnekringe, plate van veeltrap sentrifugale
pompe, elektriese lokomotorasse, stoom lokosystangbusse, styggangboor kolomgeleiers,
wenaslaers en drukringe, draaifilteronderdele, katrolwielbusse, losserbusse.
Skepe
Cutless-agterskilaslaers, rubberlaers, katrolwielbusse,
waterpomp suierringe. 
Besproeiing
Busse vir sluishekke en rollers.
Landbou
Busse vir draaisproeiers, skottelploeë, trekkerringspille,
grassnywerwiele.
Die papier bedryf
Hervulpulplaers.
Die staalbedryf
Kraanwiellaers, ringbedlaerblokke,
ekstrusielynslytasiestroke, boormasjienspilkop-busse.
Terug na
bokant
Druk 'CTRL + D' om
'n leeswyser vir die bladsy te stel
Opdatering
Feb 20 2003

|